LOFDAL SORGSENTRUM

24 UUR VERSORGING



Oor Ons

Lofdal Sorgsentrum is 'n tehuis vir bejaardes wat 44 inwoners kan huisves met 24uur versorging.

Span

Ons span bestaan uit:

'n Bestuurder

'n Opgeleide Suster

9 Versorgers waarvan 3 altyd gelyktydig aan diens is

Ondersteunende personeel wat verantwoordelik is vir die skoonmaak, wasgoed en kos

 

Opset van tehuis:

Almal is deel van een groot familie.

Hier woon ons nie elkeen in sy eie kamertjie nie maar deel kamers. Dit vergemaklik die versorging van inwoners baie aangesien die kamermaats dadelik opmerk wanneer daar fout is met sy maat en die klokkie druk vir die personeel.

Hier is 3 Enkelkamers

9 kamers met twee beddens in.

  • Gewoonlik word die kamers beset deur verswakte bejaardes aangesien die kamers naby die diensstasie is waar die personeel die meeste van die dag besig is.

5 Kamers met 4 beddens in

  • Die kamers is ruim en daar is genoeg spasie tussen die beddens en kassies vir elkeen om maklik rondom die bed te beweeg.
  • Die kamers het elkeen 'n klein badkamertjie wat 'n wasbak, toilet en stort het.
    Die stort het 'n bankie in waarop die inwoners kan sit om te stort.

Staatspasiënte

Die Kliniek Dokter besoek die huis een keer per week indien dit nodig is.
Alle staatsmedikasie word by die tehuis afgelewer vir inwoners.

Doeke:

Doeke word aangekoop van verskafers.
Geld kan in die snoepie rekening inbetaal word sodat daar doeke aangekoop kan word soos dit nodig is.

Verblyf koste:   Tussen R6 000.00 en R7 000.00 per maand

Adminkoste:     Eenmalig voor inwoner intrek R2 000.00

Alle beddegoed word voorsien. Inwoner bring net eie klere, kombers en kussing saam.

Inwoner moet ook vir eie toiletware voorsiening maak.